My fees in Le Paris...

Wow is n understatement van my naweek... dit was een groot fees van die begin tot en met die einde!!!!!!!
Ok wel die storie loop so... My naweek het begin met n stupid trein wat vertraag was met so 40min agv n "staff shortage" wat te hel, ek dog dit gebeur net in SA!!! Anyway na n uur en n half se ry toe is ek uiteindelik PARIS...
Wat n wonderlike gevoel was dit nie toe ek vir Cliff vir die eerste keer sien nie... n bekende gesig in die vreemde is soos om te gaan shop met pappa se kredietkaart... nothing beats that!!! Ek en Cliff kon vir die hele metro-rut huistoe nie ophou praat nie... was erger as twee girls!!! Ag dit was net weer lekker om iemand van my eie portuur te sien en mee te kon kuier!!!

Toe ons by die huis kom was dit letterlik net tasse neergooi, jasse gryp en toe is ons weer uit!!! Hy het gereel dat ons saam van sy vriende na een of ander groot agri-cultural expo toe gaan waar ons gaan eet en net lekker kuier... Dis eintlik so funny, hier kom ek vir my eerste keer Parys toe... die fashion capital... en ek gaan kyk na n miljoen verskillende tiepes beeste!! Na ons na elke liewe bees se bou, groote en ras gekyk het toe vaar ons die biertent binne... Daar het ons salamie vir voorgereg gekry gevolg deur n tiepe kerrie en rys afere! Nou nie kerrie en rys soos ons dit ken nie, maar ook lekker!!! Toe... needless to say... begin ons kuier!!!

Die biertent was maar klein maar hy was PACKED met mense, die atmosfeer was great, daar loop so n mannetjie rond met n trekklavier en kyk as hy daai ding begin tokkel dan lig daai dak soos die mense saam sing!!! Dan was daar ook n klein tannie'tjie wat ek wou saam vat huistoe... sy loop daar rond met n groot smile en maak heeltyd seker jy het iets om te eet en te drink!!! Ek wil ook so een by die huis he... Hier by 12h se kant toe word ons genooi na n ander partytjie toe en ek en Cliff se toe yes lets go, want wie is bang!!!

Toe ons daar aankom toe lyk dit of die party eers begin... en dit was so half 1 se kant!! Die plek lyk heel normaal bo... lyk soos n gewone kroeg en kuierplek, maar dan gaan jy af met die tiervel mat trappe tot op die vloer met die rooilig en dan is jy in so n dungeon... waar alles gebeur!!! Die plekkie is vrek klein daar onder maar dit so cool, die barman bedien jou in n suit en jy drink net franse champaigne... jip mens raak nogal heel getjarra op dit!!!! Ons het heel aand geboogie op Gigi... nou ek dink dit is soos ons Steve Hofmeyr, want almal freak heeltyd uit as die musiek begin en almal ken soos elke woord!!! Ongelukkig praat ek nie frans nie so ek het maar net gemaak of ek sing ...

Teen 4h toe besluit ons, nee wat dit is nou sulke tyd, en ons kies toe koers huistoe!!! 4h die oggend is daar nie meer metro's wat ry nie, hulle begin eers weer half 6 en om n taxi te kry is soos om n oop winkel te soek in Belgiee na 8h die aand... daar is nie!!! Toe kom daar randomly so n klein taxi mannetjie na ons toe en vra of ons wil huistoe gaan vir 6e... ons se toe ja asseblief!! Ons ry toe saam die man en toe ons by die huis kom toe se hy oh nee hy het gese 60e... toe voel ek weer vir n oomblik tuis soos in SA waar jy mense afstry tot jy jou prys kry...

Anyway die volgende oggend het ons lekker ingeslaap... Cliff het later vir ons n franse brood gaan koop en ek maak toe lekker kaas ham en salamie broodjies en ons gaan hou toe piekniek op die gras by die eiffel!!! Wat n oulike prentjie... die eiffel is huge ass by the way... Soos julle seker kan aflei het ons nie veel sight-seeing gedoen nie... wel ek het die eiffel gesien en die Arch de Triomphe... dis dit!!! Oja en natuurlik die Louis Vuitton kasteel... wow enige girl se droom!!!!

Later die middag toe het Cliff gou n franse lessie by so n plaza daar naby die huis, en ek het gaan shop in daai tyd!!! Na dit toe gaan ons weer uit... ons het eers n 3gang maaltyd gaan eet by n oulike franse restaurant en daarna koers gekies na die SA pub waar ons free springbokkies gekry het!!! Wow het dit lanklaas gehad!! Toe so teen 11h gaan ons na die Oz Cafe toe, dit is n Australian bar... dit het gekook... Dropzone se gat!!!!! Daar het ons (dit sluit my ook in) gekuier op bier...en ek drink nie eers bier nie!! It was good man, daar het ons ook n paar dronk by'tjies gekry wat iemand se bachelorette gehou het... kyk op die fotos is daar so n oupa wat saam my staan... dit was n drag wat ook naderhand klere begin uittrek het... scary shit!!!

Toe die klok 5h slaan toe besluit ons dat dit ons call is om te gaan... Opad kar toe, toe doen Cliff die egte franse ding en piepie teen die muur in die straat... daar is n foto daarvan ook! Maar moenie worry nie mens sien niks en almal doen dit!!!!!

Sondagoggend het ons lekker geslaap tot 11h en toe rustig klaar gemaak! Toe gaan kry ons KFC want hulle het dit nie in Belgiee nie... toe ons weer kyk toe is dit half 3 en my trein ry 15:25... oh snap, ons sit aan die anderkant van Parys... Ons pase toe na die treinstasie en 15:20 toe klim ek op die trein... nou dit wil gedoen word!!!!!

So all good things come to an end... die fotos is te kry op my picasa album http://picasaweb.google.co.uk/tellavds/Parys29Feb

Die foto is 5h die oggend geneem na ons laaste kuier... wag neem n oomblik... jip dit was goooood!!!!

Comments

s said…
wowwwww, hoop jy het dit vir ons part geniet. dink ek en jou ma is nou te oud vir die pub dinge, maar dit lyk so nice! enjoy, enjoy, enjoy! s
Anonymous said…
oh my!!! wat kan mens nou se??? dit klink na die trip of a lifetime. EK dink jy moet dit gou weer doen (dalk sommer met Pappie se kredietkaart - dan kan jy actually hierdie keer by die Louis Vuitton kasteel/paleis ingaan. met baie liefde en jaloesie van Carine

Popular posts from this blog

Oi... Im back

Die naweek voor my biffday...