Monchau en Durbuy
Ok next stop die twee kleinste dorpies in Europa...
Die twee dorpies baklei oor wie erkenning moet kry vir die kleinste dorpie in Europa... altwee vrek klein en soooo cute! Daar is ook n bekende glasfabriek in Monchau... iets wat my ma en ouma natuulik meer sou waardeur as ek.. maar it was good to see!
Ons was daar toe dit sneeu gekry het, so alles was so wit en skoon! Ek en Marche het amper in n avalance verdwyn... gelukkig was dit net n skyn avalance, net toe ons dink jy gaan vir ons van toe stop hy... dankie tog!!
Die dorpie is so mooi en almal is so gelukkig daar, daa is n foto van my by twee ou mensies wat soos twee akkedisse in die son sit en slaap ... dis so cute, en die hele dorpie was op gemaak vir die paasgety, oral is daar gekleurde paaseiers en hasies en all...
Durbuy aan die ander kant is vir my baie mooier as Monchau, dit plekkie laat my baie dink aan Heanertsburg. Die vorige keer toe ons daar was, was op n Sondag en toe het al die bikers daar kom stop en hulle middagete geeet en weer gery! Dis regtig so n cool dorpie, ek wil eendag n huisie daar he!
Dis ook by die dorpie waar ek, die oom en die kinder gaan kayak ry in die sommer, die Oerte rivier loop reg deur die dorpie so dan kan ons nou weer n ander deel van die dorpie sien van die kayaks af... dit gaan fun wees!!!
Die link vir die fotos is... http://picasaweb.google.com/tellavds/MonchauEnDurbuyMrt08
To be continued...
Comments