Lux lekker lekker Luxemburg

Al wat ek se is sewe Suid-Afrikaanse au-pairs is saam in Luxemburg... ojaaaa kan net lekker wees!!!!!!! Hierdie is die klomp wat almal saam was... Charnell, Lisa, Ek, Leigh, Claudette, Justine en Anneli


Ons het almal mekaar 9h by Brussel midi ontmoet en op die 9:30h geklim om ons 3h trein rut na Luxemburg te begin...
Met ons aankoms in die Lux was ons almal maar erg verdwaal en het nie geweet watter kant toe nie, maar gelukkig was Claudette die wakker akker en kon toe mooi uitvind watse bus ons moet vat en waar ons moet afklim. Platform 5, bus 9 dit was ons sn, die busdrywer moes vir ons se waar ons moet afklim want steeds was ons maar effe lost!!!

Ons het in die international youth hostel geslaap, lekker goedkoop en skoon, maar voor ons daar kon uitkom moes ons eers everest afklim... was goed vir die boude maar ai vir die (ek) wat uit oefening is was dit maar hard!!! By die hostel het ons kamers gekies en toe weer koers gekies... ons het besluit om maar die shopping ding eerste te doen, die dat alles in Europa toe is op sondae! Ons eerste stop, snaaks genoeg was nie n winkel nie, dit was die Luxemburg grotte! Die duke het blykbaar daarin weg gekruip en daar gebly jare gelede toe al die ander lande die plek wou invaar om dit oor te neem! Was lekker donker en koud daar binne, en oja trust die klomp SA’ers om die dodgyste paadjies uit te kies om te loop en amper lost te raak daar binne... once again het ons lekker oefening gekry met al die trappe en hiking wat ons moes doen!!!

Daarna toe gaan ons na central toe, daar is n straatjie met die naam Grande Rue, my favourite, dit is hul shopping straat! Daar is nou nie so baie soos in brussel se De Broukere nie, maar steeds was dit lekker om daar te loop! Na n lekker shopping sessie en omtrent n 100km se stap toe is dit uiteindelik tyd om aandete te koop! Maar ons luck, ons het so carried away geraak met die winkels dat ons vergeet het dat alles 6h toe maak, en dit beteken dat ons nie kos kan koop nie!!! Ons moes toe settle vir Swarmas, maar dit was darm ook goood!!!
Terug by die hostel, het ons almal lekker op die vloer gesit en geeet, en daarna het ons begin drinking games speel... wat n fout... ! Die game se naam is Kings, nou hoe dit werk is almal kry n beurt om n kaart te trek en elke kaart beteken iets anders, so dan moet jy self iets drink of jy moet iemand nominate om te drink of jy kan n reel maak en so gaan dit aan, was baie fun gewees!!! Lisa was die enigste engelse meisie tussen die klomp van ons, en dit was so snaaks want hoe meer sy drink hoe meer probeer sy afrikaans praat... so daar is ook n paar personal jokes daaroor...
Twee bottels Archers, n halwe bottel Wodka(dis die regte spelling btw) en elk n tequila shot later, toe is dit natuurlik tyd to hit the city... Daar was groot St Patricks day parties in die dorpie aan die gang die aand wat dit baie lekker gemaak het, die plek was oorval deur mense! Daar is so n plaza’tjie waar hulle n tent opgeslaan het en daar binne het bands gespeel en dit was net n baie lekker atmosfeer.
Daarna toe gaan ons na hul disco toe... wel ons het mense langs die pad gekry wat vir ons gese het waar om te gaan, want ons sou nooit die plek op ons eie gekry het nie! Dit is net so n random deur, en as jy daar ingaan dan is dit waar alles gebeur!!! Baie weird maar vrek oulik en lekker plek! Nou daar het ons gekuier tot net na 3h die oggend. Oppad huistoe, toe sukkel ons om ontslae te raak van n Jap en n Italian dude wat ons nie wou uitlos nie... maar al die ouens daar is so, hulle verstaan nie nee nie, mens moet hulle letterlik vloek voordat hulle mens uitlos!! En ja ek het ook n paar gevloek, maar glo my dit was nodig!!!!
Ons almal het so teen 4h in die bed geklim... ons was almal pootuit!!! Vier ure later toe moes ons weer opstaan om te gaan breakfast, want die simpel plek hou 9h op om ontbyt te serve... lekker stupid maar nou ja!!! So toe sit ons klomp zombies daar en munch ontbyt in ons nighties... niemand het om gegee hoe ons lyk nie, die ander mense het lekker gestaar, maar ons kon nie minder omgee nie!!

Sondag was veronderstel om die sight-seeing dag te wees, die weer het dit ongelukkig vir ons heel onaangenaam gemaak, wat beteken het dat ons toe nou heelwat vroeer op die trein geklim het as wat ons beplan het, maar ek dink dit was n goeie ding want almal was maar lekker moeg!! Ons het darm die duke se kasteel gesien, was nogal cool, daar is so n soldaat wat die heeltyd op en af mars en so nou en dan rus hy dan gaan staan hy op aandag in sy huisie en mag geen emosie toon nie! Ons het hom natuurlik maak lag, maar het toe so gou as moontlik weg beweeg want hy het n groot gun en ons was bang ons moet iemand gaan uit bail... mens kan nooit te seker wees met al die lande en hulle snaakse reels nie!!!!
Hierteen 5h die middag toe stap ek by die huis in en needless to say, stap ek direk bed toe!!! Ek was soooo moeg gewees, maar alles was regtig die moeite werd!! Luxemburg is n baie mooi dorp/stad (nie helemal seker wat mens dit noem nie) en dit was fun om te visit!!!
Oja voor ek vergeet die link vir die fotos is http://picasaweb.google.com/tellavds/Luxembough en dankie vir my comments wat almal los (t Solet , t Carine en Mads) waardeur dit regtig!! Love dit om so nou en dan feedback van julle ook af te kry!!!
Ky, tata

Comments

Popular posts from this blog

Oi... Im back

Die naweek voor my biffday...

My fees in Le Paris...