Die naweek voor my biffday...

Ek vra omverskoning omdat die blog bietjie laat is, maar hy kan dan nou sommer tel vir die week sn ook!

Ons was die naweek na La Roche toe, dis n baie klein dorpie in die Ardenne. Die Ardenne is die gebied se naam, want daar is miljoene dennebome in rye daar, lyk baie soos Tzaneen met hulle bome! Was baie mooi daar ook n baie klein dorpie waar ons was, ons het daar na so n ou verweerde kasteel gaan kyk, baie nice gewees! Het by twee begrafplase gestop oppad daarheen, nogals random ne! Maar dit was regtig mooi, dit lyk soos die begrafplaas by Heanertsburg! Die fotos is al op die album vir die wat wil kyk! Kyk by
http://picasaweb.google.com/tellavds/LaRoche2Feb jammer vir die datum op die kamera wat verkeerd is!!

Verder was ons maar rustig die naweek, het sondag kerk toe gegaan en toe kom vingerbord speel en kos maak! Needless to say ek het die hele Bester gesin se gatte geskop met dit! Daarna het ons gaan ten pin bowling speel, en ek het dit ook amper gewen, ek wat die enigste een wat n strike gegooi het!! Man I'm good!

Die kinders het die week vakansie, en het perdry die hele week van 9h tot half 5, arme goedjies! Hulle kom darm mooi reg, het vanoggend bietjie gaan kyk en hulle ry al mooi!

Hoor bietjie hoe random is dit, vanoggend toe gaan ek gou na die haarkapper toe om te hoor of ek deur hulle n ghd kan koop, en die vrou met wie ek praat verstaan my toe nie en kry iemand anders wat my kan verstaan! Toe is die vrou ook n Suid-Afrikaaner wat afr kan praat en als, dis die tweede SA'er wat ek sommer net randomly ontmoet! Soos dinge lyk is hier meer SA'ers was Belge!!

Oja kan ek net almal remind dat die uwe vrydag 21 word! Dit beteken natuurlik dat die Rome trip ook om die draai is, ek sien so uit kan nie meer wag nie!

Ky I'm gonna call it a day, skies vir die kort blog maar ek het n hoop fotos wat vir my wag wat ek nog moet inscan en by the way ekt nie nog stories om te vertel nie!!

tata

Comments

max manley said…
Hallo MOT
Moet se ons mis jou nogal - veral naweke wanneer jy die cocktails moet gooi! Ons is bly om te sien dat dit darem goed gaan met jou in die vreemde - altans dit lyk en klink of dit goed gaan. Ons dink aan jou hierdie Vrydag wanneer jy verjaar. Sal ons bes probeer om te onthou om vir jou 'n boodskap te stuur. Jy moet in elk geval jou naweek in Rome geniet - ek dink nie jy weet presies hoe jaloers 'n paar mense op jou is nie. Besoek maar gerus net al die bekendste toeriste plekke - dink nie jy gaan baie tyd he vir meer nie.
Stuur ons groete vir die Besters - hulle lyk almal baie goed en ons kan nie glo hoe groot en mooi die kinders geword het nie.
Geniet jou tyd verder !
Liefde van die Otto's uit 'n baie warm Polokwane.
s said…
Hoop jy het jou verjaarsdag vreeslik geniet in Rome. Ons arme klomp hier sal maar na die goedkoop plekke toe reis en jou foto's kyk. Sjoe, hierna sal jy meer stamps op jou paspoort hê as ek :( Vreeslik jaloers!
S

Popular posts from this blog

Oi... Im back

My fees in Le Paris...