Brussels

Dis eintlik so snaaks want ek bly soos 10min van Brussel af maar ek was die week vir die eerste keer as toeris in Brussel en nie as shopper nie... haha asof die student geld het om te shop!!
Ons was eers Mini Europe toe, wat awesome is want nou hoef ek nie meer na al die plekke te gaan nie, want ek het klaar als gesien! Mini Europe is soos regtig die hele europa op n mini skaal, al die landmarks van al die plekke is daar, ekt vir Big Ben gesien, ekt al die geboue in Athene gesien en so gaan dit aan. Ook n must see as mens in Brussel is!!
Toe het ons die Atomium besoek... dit is n monument wat gebou was vir die World Fair in 1958 die ding was oorspronklik gebou om net vir 6maande te staan maar is nou een van die landmarks van Brussel. Die struktuur is 102m hoog en het 9 staal “spheres” wat in die vorm van n sel eenheid van n yster kristal is as dit 165 biljoen keer vergroot is. Cool ne! As mens in die ding self is, is dit nie so impressive nie, maar die storie is vrek nice!!
Na die gedoentes, toe gaan ons na my favourite plek in Brussel toe... Grote Markt... ek laf die plek nou maar net uit my kop uit. Oom Piet het vir ons Jannekenpis gaan wys... dit is los hande die lelikste beeld wat ek al ooit gesien het. Sal julle almal nog wys wat kom kuier... ek het nou nie eintlik fotos van die ding nie, ek was so disgusted met die beeld dat ek nie eers fotos geneem het nie... maar nou ja met die aaklikge prentjie in my kop toe gaan eet ons Mossels en Frittes... eie aan Belgiee! Very nice...
lv u

Comments

Popular posts from this blog

Oi... Im back

Die naweek voor my biffday...

My fees in Le Paris...