**RoMe**

Donderdag aand so ongeveer half 9 toe vat ons grond vir die eerste keer na die twee ure lange vlug vanaf Chaleroi na Rome... was n lekker kort vluggie, en ek en Marche het so n game gespeel wat ook gehelp het om die tyd vinniger om te kry!! Na ons al ons tasse en goed gekry het toe begin die lang tog na die hotel...!

Ons het met die metro gery vanaf Anagnina tot by Termini, en vandaar af tot by Castro Pretorio! Van die punt af is dit dan veronderstel om 200m te wees tot by ons hotel... dis nou as jy die regte rigting loop... need I say more! Ons het seker so half 12 (n half uur voor my biffday, if I may) in die hotelkamer in gestap, was baie cozy en cute! Toe gaan shop ons natuurlik eers vir midnight snacks om my verjaarsdag te vier!

Die volgede oggend toe word ek wakker gemaak deur die 3 Besters wat vir my sing met n koek en kersies in die hand... awe..!! Raai net watse persent kry ek toe... tttrrrrr doesh... n 30g ipod... jip didn’t see that comming... So behalwe vir die hele Rome trip kry ek nog n persent ook, hoe nice is dit nie!!

Ons eerste stop vir die dag was die Vatican City wat insluit die St Peter’s Basilica, die Vatican museum en die Sistine Chapel! Ons het begin by die St Peter’s Basilica.. dit was awesome, alles is so groot en so mooi, mens kan nie dink dat mense daai geboue jare terug kon gebou het sonder die tegnologie en equiptment van vandag nie! Vandaar af toe stap ons na die meseum toe, n vrek lang ent gestap en soveel kunswerke teen die mure gesien wat elk sy eie storie het, maar daar is net teveel om na elkeen te kyk en te waardeur! Ons het so zig zag gestap tot ons by die Sistine Chapel uitgekom het, nou dit was flippen great! Dit is die kerk waar Michelangelo die dak geverf het! Dit was regtig cool, die gaurds daar binne is so streng, hulle loop so tussen die mense rond om seker te maak dat hulle nie fotos neem nie! Toe ons daar klaar is toe loop ons net deur die bibloteek, wat vrek groot is, was ook baie cool!

Toe is dit natuurlik tyd vir middagete, en ons stop toe by n tipiese Italiaanse Pizzeria vir n bite, Panarotti’s se gat, die mense weet van pizza maak!

Next stop... die Colleseum! Wow, dit was nice om te sien, en die storie daar agter is netso nice, ek gaan nie nou die hele storie vertel nie hy is te lank, maar trust me dis awesome! Weereens kon ek nie glo hoe mense dit self gebou het nie, en dat Maximus actually daar geveg het nie... n mense kan nie anders as om daar te staan in awe-struck en net inteneem wat om jou is... dit is regtig BAIE great, en n moet om te sien!! Na dit toe stap ons na die Domus Aurea toe... wat n teleurstelling! Die storie daar agter is cool, though! Nadat ons vir n half uur loop en soek na die plek toe kom ons agter dat ons OP die plek rondgedwaal het en dat die plek eintlik net so n grot plek waar mens nie eers mag in gan nie! What a waste, maar atleast kan ek se been there done that!

By die tyd was dit omtrent so 4h se kant en ons program vir die dag is deur gedraf, which means dat ons kan gaan shop! Ons het toe sommer na Via Condotti gegaan en daar weg gespring, dit is die greatste straat OOIT!!! Ek het nog nooit so baie designer winkels by mekaar gesien soos daar nie! Het gevoel of ek in n droom is! Dit het begin met Dior, toe is dit Gucci en LV, Tiffany, Versace, Catier en die lys gaan aan...

Ons stap toe na Via Veneto toe, wat bekend is vir hulle restaurante op die strate, en daar gaan eet ons toe by die Hard Rock cafe vir my biffday, was vrek nice! Baie soos spur se atmosfeer, maar net veel nicer, cooler decor en die works...

So teen 10h toe is ons almal paste, en dit was sulke tyd... time to hit the hay!!

Dag 2, 9 Feb die dag wat ek maklik 100km geloop het... I nearly died, but it was worth every step!! Saterdag was n great dag, ons het die hele Rome te voet aangepak, nie dat ons dit beplan het nie, maar n 5min stap hierheen en n 10min stap daarheen het to op geeindig in n hele dag van stap!

Ons het begin by die Roman Forum, het n cool storie, ek ken hom net nie so ek kon dit nie waardeur soos ek veronderstel was nie, maar dit was cool, die mooiste, grootse kerk daar gesien! Was baie mooi! Vandaar af toe STAP ons na Cirus Maximus, die plak waar hulle daai Chariot Races gehou het, dis n vrek groot baan ding! Daarna toe STAP ons na Piazza Venezie toe, ek is ook nie seker presies watse gebou dit is of wat die stroie is nie, maar dit is ook so mooi en groot, mens voel soos n miertjie teen die huge-ass gebou, maar ooee dis so mooi!!

Na dit toe STAP ons na die Pantheon toe, dis is ook n groot kerk met n gat in die dak, hierdie rede is ook vir my effe duister, maar weereens n vrek groot gebou en baie mooi! Toe STAP ons na Fontana di Trevi in afrikaans sou ons se Trevi fontein! Die fontein loop op een of ander natuurlik manier, geen pompe of enige iets word gebruik om die fontein te laat loop nie, dis wat hom so nice maak, oja en natuurlik sy vrek mooi en once again groot beelde!

Ons laaste stop vir die dag was Piazza del Popolo, dis is n plaza aan die die top van n driehoek waar drie strate ontmoet, ook baie mooi, maar nie eintlik veel van n intressante storie nie! Ons STAP toe op na die Villa Borghese, waar mens die mooiste view het van die hele Rome, wat n mooi prentjie om ons dag en ons trip mee te eindig...

Sondag was dit natuurlik effe laat slaap en toe n geskarrel om al ons goed te pak en reg te kry vir die tog terug! Ons het weer met die metro gery tot op Anagnina van waar ons met n (verkeerde) bus gery het tot op die lughawe! Die bus waarmee ons gery het, het ons vir n toer deur die scruffy gedeelte van Rome gevat, not quite what we planned, maar nou ja ons was toe nou al kla half pad! So teen half 3 was ons alkla weer in die lug opaf Baden baden toe in Duitsland, van waar ons n bus gevat het tot in Karlrue (weet nie eintlik hoe om dit te spel nie) en van daar af het ons n kar gehuur en ons 4 en h halwe uur rut terug aangepak... Hier het ek besluit dat die Duitse Autoban my nuwe favourite pad is, daar mag mens so vinnig ry soos n mens wil, en op party plekke word jy beboet as jy minder as 100km ry... dis die coolste wet ooit!!! Ons het so 12h se kant Sondag aand by die huis gestop! Hoekom die lang detour wil jy seker weet... wel dit is iets waaroor ons nie praat nie...

Nou weet ek hoekom die gesegde gaan Rome was nie gebou in eendag nie... no jokes...

Die fotos is nog nie reg nie, maar sal seker so teen laat vanmiddag op wees, skies daarvoor!

Ky sal laat weet sodra die fotos op is
tata

Comments

Anonymous said…
Well done tellie...Klink GREAT!!! Sommer baie nuuskierig en kani wag om dit ook eendag alles te sien en te beleef nie!! So 'n gestappery is maar uitputtend, maar mens sien soveel meer as wanneer mens in 'n kar sou /bus sou ry!! Kan nie wag vir die fotos nie jong!! Lief jou en mis jou baie hoor!!!

Popular posts from this blog

Oi... Im back

Die naweek voor my biffday...

My fees in Le Paris...