Hiya
Hi... long time no blog... raai wie raak lekker lui om die blog opdatum te hou!!
Wow kan nie glo dit is al klaar weer twee weke na my verjaarsdag nie, mens sien die hele jaar uit na dit en dan is dit so gou verby!!
Ons was maar lekker rustig gewees die twee weke, die kinders is darm nou al min of meer in n roetine, wat ek dink goed is vir hulle! In die middae na skool dan is dit eers n half uur boeke tyd wat hulle moet huiswerk doen of boek lees, daarna kan hulle gaan jol tot 6h wanneer hulle moet gaan bad! Na badtyd kan hulle tv kyk tot bedtyd wat 8h is! Werk heel goed dink ek!!
Ons het hierdie week ons eerste vol week gehad waar hulle na al hulle aktiwiteite toe was sonder enige probleme, en boonop dit, was ons van dinsdag tot donerdag home alone, Oom Piet was daai tyd in New York! Alles het goed gegaan, ek en die kinders het fun gehad alleen!
Ek en Anneli, dis die ander Suid Afrikaanse au-pair, het laas vrydag Brussel se strate in gevaar opsoek na n SA pub genaamd " Die Bok & Dragon"... wel die pub is nogsteeds opsoek! Hy het net verdwyn, hy het blykbaar toe gemaak of iets, maar dit vind ons toe nou eers uit twee dae na die tyd... Anyway na so twee ure se rond dwaal in die yslike koue en noue dodgy straatjies toe gee ons op en gaan shop in Brussel se shoppings straat om onsself beter te laat voel! Dit het darm op gemaak vir die onnodige rond dwaal... Toe ons weer na die tyd kyk toe besef ons ons gaan laat wees vir die kinders, oh snap hoe verduidelik mens dit vir die ouers? "Uhm ons het gaan shop en vergeet van die tyd"... ek dink nie so nie!! Ons spark toe nou maar en vat eers die metro tot by die bus en vandaar af toe hol ons vir die regte bus, wat ons naelskraap gevang het... needless to say ons was heel betyds vir die kinders, inteendeel ons het vir hulle gestaan en wag!!!! Nou dit wil gedoen word...
So gepraat van SA pubs, ons gaan vanmiddag na die Waterhole toe, ook n SA pub (wat blykbaar nogsteeds bestaan) in Tervuren, dink ek, om die rugby te gaan kyk! Nou kyk dit is hoe dit gaan, ek kyk rugby maar net vir die gees daarvan, en ook nie te gereeld nie, ek weet baie keer ook nie eers wie speel nie (maar dit se ek nie hard op nie) maar enige Suid Afrikaanse aktiwiteite wat hier aangaan... WOON EK BY!!! Julle het geen idee hoe lekker dit is om by n plek in te stap en afrikaans te kan praat met ander mense nie en die beste van als... hulle verstaan jou en praat actually terug IN AFRIKAANS...
Ok, dan is dit dit vir die blog... moet nou alweer gan!
Tot volgende keer
tata

Comments