Oi... Im back
Goeie dag almal
Sjo wat n besige naweek, eers Marche se hokkie toe Leuven en toe die kaas en wyn...
Marche het die naweek hokkie in Luik gespeel, dis so 100km hiervan af en net ek en sy het gegaan... nogal scary gewees maar het oorleef! Luik is nie so n mooi dorpie nie, dit lyk soos n scruffy plek waar daar gangs kan wees wat enige oomblik op jou sal skiet! Die skool waar hulle gespeel het was ook so scary en af!!
Daarna was het ons vir Marche by n partytjie afgelaai en toe ry ek en die oom en Pieter deur Leuven toe... Dit was regtig nice, ek is baie beindruk met Leuven, meer as Brussels! Die dorp het n lekker atmosfeer en dit is net n plesier om daar te shop! Daar is ook vrek mooi en ou geboue! Ons was by die Stadhuis, dis n vrek mooi gebou wat erg baie detail het! Noggals iets om te sien!
Vandag was ook lekker, ons het deur gery na so plek net verby Leuven! Die kompleks se naam is Goue kuispad, en daar was regtig nice winkels, definitief n plek om na terug te gaan! Dit is ook die enigste plek wat die winkels oop is op n Sondag! So snaaks, in SA is baie winkels op op Sondae, maar hier is daar niks, behalwe nou vir die plek!
Oja ek het toe die web album reg gekry! Die link vir my eerste fotos is: http://picasaweb.google.com/tellavds/EersteFotosVanBelgiee tik maar net dit in dan sal dit jou direk by die fotos uitbring!
Ok dis dan al van my kant af, tot later...
Comments