My eerste blog

Wow tegnologie is n wonderlike ding... Eers selfone en nou bloggs..hehe


Vandag is ek amptelik een week hier, als is nog nuut en vreemd maar ek is stadig maar seker besig om in te blend! Ek het gister myself so bietjie leer flaams praat en Marche'tjie het my gehelp, ek sukkel nog baie met die uitspraak ens maar dink dit sal beter word met tyd!!



Ek dink ek is besig om my eerste verkoue in die vreemde te kry, ek voel maar lekker dik en snotterig...



Anyway ek het al n paar fotos van toe ons by Groote markt in Brussels was, ek sal dit op die web sit sodra ek dit uitfigure, dan sal ek die link hierop sit! Dit was baie lekker daar, dis baie anders as wat ek myself voorgestel het dit sou wees, dis soos n vlooimark in al hierdie klein straatjies maar wat nooit ophou nie, en elke tweede winkel is n choclate winkel en die die mense weet van choclates maak... dit is fantasties!!!



Ky so much vir my eerste blog ne! Sal nog gewoond raak aan die ding...



tata

Comments

Popular posts from this blog

Oi... Im back

Die naweek voor my biffday...

My fees in Le Paris...