Laaste update vir 2008 ***
Heya.. goed, hier volg my laaste blog oor die gebeure van 2008! Dit gan nie tot op die einde nie, maar die coolste goed is hier! Het nou ongelukkig nog nie geskryf oor my vakansie in SA nie, mar dis omtrent n boek op sy eie.. sal wel een of ander tyd bietjie tyd en aandag daaraan gee!
9 Augustus: Rock fest in Leuven Na n lekker laaaaaang vakansie, eers in Europa toe in SA toe het die tyd gekom om my sosiale lewe te hervat.. ai die lewe is darm mar hard!! Haha.. my informant (Anneli) het my lat weet van n Rock festival ding wat in Leuven aan is.. en ons het toe besluit dat dit n goue geleentheid om die studente dorp in te vaar!! Die plan was eintlik dat ons later vir Stephanie en Jonathan (van ons Amerikaanse vriende wat ons in Belgiee ontmoet het, diverse culture, ek weet) mar ons het toe mar op ons eie daar rond gemission en na al die verskillende podiums gegaan om te hoor wat almal bied. Ons het natuurlik vasgehaak by die vismarkt.. daar was n crazy ass DJ.. ek dink...